# Krieket: Suid-Afrika het nog net 121 lopies nodig om die eerste toets teen Pakistan in Centurion te wen. Die besoekers is op die derde middag in hulle tweede beurt uitgeboul vir 237 nadat Marco Jansen ses paaltjies laat kantel het, met Saud Shakeel wat 84 aangeteken het. Dit het aan die Proteas ‘n wenteiken van 148 gestel, maar Pakistan het teruggeveg en voor uitskeityd vir Tony de Zorzi, Ryan Rickelton en Tristan Stubbs uitgehaal. Kaptein Temba Bavuma en Aiden Markram hervat Suid-Afrika se tweede beurt vandag op 27 vir drie.
Krieket: Suid-Afrika het net 121 lopies nodig om eerste toets teen Pakistan in te palm