# Krieket: Die Suid-Afrikaanse boulers, Marco Jansen, Kagiso Rabada en Duanne Olivier, was die sterre van die eerste dag van die tweede Toets teen Indië op die Wanderers. Hulle het Indië, wat moet klaarkom sonder hul ster-kolwer, Virat Kohli, vir 202 lopies uitgeboul. Jansen het vier paaltjies vir 31 lopies gevat, terwyl Rabada en Olivier elk drie paaltjies platgetrek het. Ravichandran Ashwin het die meeste lopies vir die besoekers aangeteken met 46 lopies van net 50 balle. Die Proteas het Aiden Markram se paaltjie vroeg verloor met die telling op net 14. Hy is deur Mohammed Shami been-voor-paaltjie betrap, vir 7 lopies.