Skip to content

Krieket: Sri Lanka-vrouespan skok Proteas met rekord-lopiepoging om eendagreeks gelykop te eindig

# Krieket: Sri Lanka het die hoogste lopietelling in vroue se internasionale eendagwedstryde ingehaal en Suid-Afrika met ses paaltjies afgeransel in die derde en laaste eendagwedstryd in Potchefstroom. Kaptein Laura Wolvaardt het ʼn onoorwonne 184 gemoker wat die hoogste eendag-telling ooit vir ʼn Suid-Afrikaanse vrou is. In antwoord op die Proteas se 301 vir vyf het kaptein Chamari Athapaththu ʼn onoorwonne 195 behaal wat die derde hoogste individuele telling in vroue-eendagkrieket is. Die besoekers het die teiken bereik en die reeks gelykop laat eindig met een elk.