Skip to content

Krieket: Ses nuwelinge in die Protea-vrouegroep ingesluit vir geskiedkundige Waca-toets

# Krieket: Ses nuwelinge is in die Protea-vrouegroep van 14 spelers ingesluit vir hul geskiedkundige eerste toets teen Australië. Hulle is Tazmin Brits, Masabata Klaas, Ayanda Hlubi, Eliz-Mari Marx, Delmi Tucker en Mieke de Ridder. Verskeie ervare spelers, onder wie Marizanne Kapp, Nadine de Klerk en Suné Luus, is ingesluit in die span onder aanvoering van Laura Wolvaardt. Dit sal Suid-Afrika se eerste toets wees sedert hul onbesliste kragmeting met Engeland in 2022. Die wedstryd van vier dae begin Donderdag op die Waca in Perth.