Skip to content

Krieket: Reeksoorwinning wink vanaand vir Proteas in Centurion

# Krieket: ‘n Reeksoorwinning wink vir die Proteas in vanaand se tweede T20 teen Pakistan op SuperSportpark in Centurion. Suid-Afrika het Dinsdag se opwindende eerste kragmeting in Durban met ‘n skamele 11 lopies gewen. Die derde en laaste wedstryd word Saterdag in die Bullring op die Wanderers in Johannesburg gespeel, waar groot tellings aan die orde van die dag is. Daarna pak die twee lande mekaar in eendagwedstryde in die Paarl, Kaapstad en Johannesburg, gevolg deur toetse in Centurion en op Nuweland.