Skip to content

Krieket: Proteas verloor aanvangs-T20 teen Wes-Indiese Eilande

# Krieket: Die Wes-Indiese Eilande het Suid-Afrika met 28 lopies verslaan in die eerste T20 op Sabinapark in Kingston, Jamaika. Die tussentydse kaptein, Brandon King, het 79 van 45 balle gemoker en die gasheer het 175 vir agt op die telbord geplaas. Daarna het Reeza Hendricks ʼn loopbaan-beste 87 aangeteken, maar dit was nie genoeg nie en die Proteas was op 147 almal uit. Dis die grootste tellingverskil nóg waarmee die Windies in hierdie formaat met Suid-Afrika afgereken het. Die tweede T20 word môre gespeel.