# Krieket: Die Proteas het hulle kanse in die Wêreld-toetskampioenskap verbeter deur die reeks teen die Windies te wen. Suid-Afrika het die gashere met 40 lopies gewen in die tweede toets in Guyana nadat reën die laaste sê gehad het in die eerste toets. Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê die vooruitsig om volgende jaar die eindstryd te haal, het beslis ‘n rol gespeel, maar hulle besef harde werk lê nog voor. Suid-Afrika is tans vyfde op die kampioenskaps-punteleer na Indië, Australië, Nieu-Seeland en Sri Lanka.
Krieket: Proteas verbeter kanse vir eindronde van Toetskampioenskap deur Windies te klop