# Krieket: Suid-Afrika benodig 240 lopies om die reeks teen Indië gelykop te maak. Kagiso Rabada, Lungi Ngidi en Marco Jansen het elkeen drie paaltjies geneem om die Indiese span vir 266 lopies uit te haal op die derde dag van die tweede toets op die Wanderers. Vir die besoekers het Ajinkya Rahane met 58 lopies die beste met die kolf gevaar. Cheteshwar Pujara het 53 gekry en Hanumi Vihari was nie uit nie op 40.