Skip to content

Krieket: Proteas kry kans om terug te slaan in tweede eendagwedstryd teen Pakistan op Nuweland

# Krieket: Die Proteas kry vanmiddag die kans om terug te slaan in die tweede eendagwedstryd teen Pakistan op Nuweland in Kaapstad. Dit volg nadat die besoekers Dinsdag se opwindende eerste kragmeting in die Paarl gewen het toe hulle die teiken van 240 gehaal het. Die Proteas se paaltjiewagter, Heinrich Klaasen, het hulle verbeurde kanse betreur nadat die span tot 239 vir nege beperk is, en sê dit was 20 tot 30 lopies te min. Die laaste wedstryd word Sondag op die Wanderers in Johannesburg gespeel.