# Krieket: Die Proteas se kaptein, Temba Bavuma, het die loot gewen en soos verwag is besluit om eerste te kolf in die Wêreldbeker-hafeindstryd teen Australië op Eden Gardens in Kolkata. Suid-Afrika het tot dusver in die toernooi meer sukses behaal deur ʼn teiken te stel as om dit te jaag. Marco Jansen is terug in die span wat twee draaiboulers insluit – Keshav Maharaj en Tabraiz Shamsi. Die wenner vandag speel Sondag in Ahmedabad teen Indië nadat die gashere gister die finalis van 2019, Nieu-Seeland, in die eerste halfeindstryd met 70 lopies geklop het.
Krieket: Proteas kolf eerste in Wêreldbeker-halfeindstryd teen Australië