Skip to content

Krieket: Proteas benodig 226 lopies om Pakistan in Lahore te klop

# Krieket: Die Proteas benodig nog 226 lopies om die eerste toets teen Pakistan in Lahore te wen. Ryan Rickelton en Tony de Zorzi sal die besoekers se tweede beurt op 51 vir twee hervat op die voorlaaste dag nadat kaptein Aiden Markram en naguiltjie Wiaan Mulder gistermiddag hul paaltjies verloor het. Die gashere het ‘n eerstebeurt-voorsprong van 109-lopies gehad, maar is op die derde dag uitgeboul vir slegs 169 toe die draaibouler Senuran Muthusamy nog vyf paaltjies ingepalm het na sy ses in Pakistan se eerste kolfbeurt.