# Krieket: Die Protea-vroue het in Dubai met 28 lopies teen Indië verloor in hul laaste opwarmingswedstryd vir die T20-wêreldbeker. Indië het in hulle 20 boulbeurte 144 vir sewe op die telbord geplaas met Richa Ghosh wat 36 bygedra het en Deepti Sharma ʼn onoorwonne 35. Ayabonga Khaka het vyf paaltjies vir Suid-Afrika platgetrek. Die Proteas kon in hulle 20 boulbeurte slegs 116 lopies aanteken. Suid-Afrika se Wêreldbeker-veldtog begin Vrydag teen die Wes-Indiese Eilande.
Krieket: Protea-vroue verloor laaste Wêreldbeker-opwarmingswedstryd teen Indië