Skip to content

Krieket: Protea-vroue speel teen Engeland in tweede T20 in Benoni

# Krieket: Die Protea-vroue en Engeland pak mekaar vanaand in die tweede van drie T20s in Benoni, Gauteng. Die besoekers het Sondag die eerste wedstryd in Oos-Londen met vier paaltjies gewen na hulle die gasvroue tot 142 vir vyf beperk, en toe die teiken gehaal het met vier balle oor. Die laaste kragmeting vind Saterdag in Centurion plaas. Die twee lande speel daarna eendagwedstryde in Kimberley, Durban en Potchefstroom, gevolg deur ‘n eenmalige toets in Bloemfontein vanaf die 15de van volgende maand.