Skip to content

Krieket: Protea-vroue ly ’n nederlaag teen Engeland in die eerste T20

Krieket: Engeland se Vroue het Suid-Afrika met vier paaltjies in die eerste T20 op Buffalo Park in Oos-Londen verslaan en ‘n voorsprong van een-nul in die reeks van drie geneem. Die Proteas het 142 vir vyf in hul 20 boulbeurte aangeteken met Nadine de Klerk op ‘n onoorwonne 29. In antwoord het Nat Sciver-Brunt 59 aangeteken en die besoekers het die teiken bereik met vier balle oor. Vir Engeland was dit die eerste wedstryd sedert hul in Oktober uit die groepsfase van die T20 Wêreldbeker geval het. Die tweede T20 word Woensdag in Benoni gespeel.