# Krieket: Die Protea-vroue hoop dis ‘n geval van derde keer skeepsreg wanneer hulle vandag weer teen Engeland speel in ‘n Wêreldbeker-halfeindstryd. Suid-Afrika het teen Engeland verloor in die voorlaaste rondes van die vorige twee eendag-Wêreldbekertoernooie. Boonop het Engeland die Proteas met ‘n volle tien paaltjies verslaan in hulle eerste wedstryd in vanjaar se toernooi. Die top-orde kolwer Suné Luus sê hulle sal nie toelaat dat die statistiek hulle vandag in Guwahati, Indië, beïnvloed nie. Sy sê hulle fokus slegs op die oorwinning deur goeie krieket te speel.
Krieket: Protea-vroue hoop dis vandag derde keer skeepsreg teen Engeland