Skip to content

Krieket: Pooran gee toon aan met Lucknow Super Giants wat Mumbai Indians in IPL klop

# Krieket: Nicholas Pooran het gisteraand in Mumbai uitgeblink met ‘n indrukwekkende 50-tal, om Lucknow Super Giants te help om Mumbai Indians met 18 lopies te klop in hulle Indiese Premierligawedstryd. Die Super Giants, wat eerste gekolf het, het 214-vir-ses aangeteken, en toe die gashere beperk tot 196-vir-ses. Die uitslag laat Mumbai Indians heel laaste eindig in die 2024-seisoen van die IPL. Lucknow het hulle veldtog in die sesde posisie op die punteleer afgesluit.