Skip to content

Krieket: Plek in eindstryd van Wêreldtoetskampioenskap op die spel vir SA in reeks teen Pakistan

# Krieket: ʼn Plek in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap is vir die Proteas op die spel in die reeks van twee toetse teen Pakistan wat vandag in Centurion begin. ʼn Reeksoorwinning sal Suid-Afrika die geleentheid bied om in Junie in Londen in die eindstryd te speel, terwyl een oorwinning reeds hulle kanse ʼn hupstoot sal gee. Die tweede toets begin volgende Vrydag in Kaapstad.  Die enigste ander twee spanne wat die eindstryd kan haal, Australië en Indië, speel van vandag af in die vierde toets in Melbourne.