Skip to content

Krieket: Pat Cummins vra Australië om vrede te maak met Indiese skare-uitdaging in Wêreldbeker-eindstryd

# Krieket: Die kaptein van Australië Pat Cummins het sy span aangemoedig om vrede te maak met die uitdaging wat ‘n vyandige skare inhou wanneer hulle môre te staan kom teen ‘n onoorwonne Indië in die Wêreldbeker-eindstryd in Ahmedabad. ‘n Volgepakte skare van 130-duisend, wat ‘n rekord sal wees in enige krieketwedstryd, sal na verwagting in Indië brul. Die gashere het reeds al tien hulle wedstryde in die toernooi gewen. Hulle jaag ‘n derde mans-eendag-internasionale Wêreldbeker titel, en ‘n tweede tuis, ná hulle triomf in 2011. Australië het die Wêreldbeker reeds vyf keer ingepalm.