Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Krieket:  Parsons, Smuts lei Dolphins tot groot oorwinning teen Titans

Krieket:  ‘n Reusebydrae deur Bryce Parsons en Jon-Jon Smuts het die Dolphins tot ʼn oorwinning van 30 lopies oor die Titans gelei. Die Krieket Suid-Afrika T20-wedstryd gisteraand in Centurion is erg deur reën gekortwiek en tot 14 boulbeurte per span beperk. Parsons was die ster met 102 van 48 balle terwyl Smuts perfekte ondersteuning gebied het met 61 van 33 om die besoekers se telling op 183 vir een te staan te bring in hulle 14 boulbeurte. Die Titans kon in antwoord daarop net 152 vir vyf behaal. Die Dolphins is nou derde op die punteleer.