Skip to content

Krieket: Pakistan boor verswakte Nieu-Seeland in tweede T20

# Krieket: Shaheen Shah Afridi en Mohammad Amir het saam vyf paaltjies laat kantel om Nieu-Seeland vir ‘n skamele 90 uit te boul. Mohammad Rizwan was toe die steunpilaat vir Pakistan in hulle oorwinning in die tweede Twintig20-kragmeting in net twaalf beurte en een bal. Hulle is nou een-nul voor in die reeks van vyf wedstryde. AFP berig, die eerste kragmeting is na net twee aflewerings weens reën afgelas. Nieu-Seeland se laagste T20-totaal teen Pakistan is 80, in 2010 in Christchurch. Beide spanne berei voor vir die T20-wêreldbeker in Junie.