Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Krieket: Opwindende laaste-bal oorwinning vir Australië oor Nieu-Seeland

# Krieket: Australië het Nieu-Seeland met ses paaltjies geklop in ‘n opwindende eerste T20 in Wellington. Die gashere het 215 vir drie aangeteken, met Rachin Ravindra wat 68 bygedra het en Devon Conway 63. Australië het in die laaste twee boulbeurte nog 35 lopies nodig gehad, met vier paaltjies plat. Mitchell Marsh en Tim David het 19 lopies in die 19de beurt gemoker. Toe hulle vier van die laaste bal af moes kry, het David gedoen wat nodig was. Die oorblywende twee T20’s word Vrydag en Sondag gespeel, beide in Auckland.