Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Krieket: Oorwinnings vir Lions en Warriors in KSA T20-uitdaagreeks

# Krieket: Die Lions het Sondag op Bolandpark in die Paarl ʼn oorwinning van nege paaltjies oor die Rocks behaal in hulle wedstryd in die KSA T20-uitdaagreeks. Die Lions het die Rocks tot 116 vir agt beperk nadat die tuisspan die loot gewen en eerste gekolf het. Die Lions het 120 vir een in 17 beurte en twee balle aangeteken. In die ander wedstryd op Bolandpark het die Warriors die Westelike Provinsie met nege paaltjies vermorsel. Die Warriors het in antwoord op die Westelike Provinsie se 142 vir sewe net 16 beurte en drie balle nodig gehad vir ‘n oorwinning.