Skip to content

Krieket: Nortjé gaan oorblywende T20’s en eendagreeks teen Pakistan misloop

# Krieket: Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé gaan die res van die T20-reeks teen Pakistan asook die drie eendagwedstryde misloop. Hy het reeds Dinsdag die eerste T20 misgeloop nadat hy sy groottoon tydens oefening beseer het en ʼn skandering het bevestig dis gekraak. Die veelsydige Dayyaan Galiem van Northern Titans vervang Nortjé vir die oorblywende twee kragmetings. Suid-Afrika het die eerste wedstryd in Durban met 11 lopies gewen. Die tweede word môre in Centurion gespeel en die laaste een Saterdag op die Wanderers in Johannesburg.