Skip to content

Krieket: Nog geen ooreenkoms bereik oor formaat van volgende jaar se Kampioenetrofee-toernooi nie

# Krieket: Geen ooreenkoms is nog bereik oor die formaat van volgende jaar se Kampioenetrofee-toernooi nie, nadat Indië geweier het om in die gasheerland, Pakistan, te speel, te midde van sekerheidsvrese en politieke spanning. Pakistan het skynbaar ingestem tot ‘n hibriede toernooi wat behels dat hy in Doebai teen Indië speel, maar Indië maak beswaar oor die voorwaarde dat hy dan moet instem tot ‘n soortgelyke formaat in elke internasionale toernooi wat hy tot 2027 aanbied. Die agt beste manspanne in verlede jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi sal aan die toernooi deelneem.