Skip to content

Krieket: Nieu-Seelandse kaptein Latham sê vorige ondervinding sal deurslaggewend wees teen Indië

# Krieket: Nieu-Seeland se kaptein, Tom Latham, sê sy vorige ervaring as ʼn instaan-kaptein is belangrik vir hulle baie moeilike reeks van drie toetse teen Indië wat vandag begin. Die besoekers is verlede maand met 2-0 in Sri Lanka afgeransel waarna Tim Southee teruggestaan het vir die 32-jarige Latham. Hy het met Nieu-Seeland se vorige toer in Indië in 2021 met die tweede toets die kapteinskap by Kane Williamson oorgeneem. Nieu-Seeland het nog net twee toetse in 36 kragmetings in Indië gewen, in 1969 in Nagpoer en in 1988 in Moembai.