# Krieket: Nieu-Seeland het sy kanse verbeter om vir die halfeindronde van die Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer toe hy Sri Lanka in Bengaluru met vyf paaltjies geklop het. Sri Lanka is tot 171 beperk nadat Kusal Perera 51 bygedra en Trent Boult drie paaltjies geneem het. Devon Conway en Rachin Ravindra het toe ‘n stewige grondslag gelê met ‘n aanvangsvennootskap van 86 lopies en die Swartpette het die teiken in hulle 24ste boulbeurt gehaal. Nieu-Seeland, Pakistan en Afganistan spook sake uit om in die voorlaaste ronde aan te sluit by Suid-Afrika, Indië en Australië.
Krieket: Nieu-Seeland verbeter sy halfeind-kanse met vyfpaaltjie-oorwinning oor Sri Lanka