# Krieket: Die snelbouler, Lungi Ngidi, sal die Proteas se drie eendagwedstryde teen Nederland misloop nadat hy positief getoets het vir Covid-19. Die keurders het vir Junior Dala gevra om by die groep aan te sluit. Die bestuur sê dit gaan nie sleg met Ngidi nie, en sy gemoedstoestand is goed. ‘n Ander speler, Lizaad Williams, moes ook aan die groep onttrek weens ‘n spierbesering, maar word nie vervang nie. Die drie eendagwedstryde word Vrydag, Sondag en volgende Woensdag in Centurion gespeel.