Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Krieket: Mumbai-ondersteuners blameer nuwe kaptein Pandya vir swak vertonings in IPL

# Krieket: Ondersteuners blameer die nuwe kaptein van die Mumbai Indians, Hardik Pandya, vir die span se swak vertonings in vanjaar se Indiese Premierliga. Die span is onderaan die punteleer nadat hulle al drie wedstryde tot dusver verloor het. Pandya het die gewilde kaptein van Indië, Rohit Sharma, as kaptein van Mumbai vervang na sy terugkeer van Gujarat Titans. Sharma het Mumbai aangevoer met al sy IPL-titels. Die span se volgende kragmeting is Sondag teen die Delhi Capitals wat tans in die sewende plek is, nadat hulle twee van hulle drie wedstryde verloor het.