Skip to content

Krieket: Middernagtelike begin vir plaaslike ondersteuners van tweede toets teen Black Caps

# Krieket: Plaaslike ondersteuners sal môre ‘n baie lang dag by die kantoor hê as hulle vanaand om middernag die begin wil sien van die tweede toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, in Hamilton. Die onervare Proteas is in die eerste toets in Mount Maunganui totaal oorheers toe die Black Caps hulle met 281 lopies geklop het. Intussen sal die nuweling, William O’Rourke, na verwagting as vierde snelbouler in Nieu-Seeland se span ingesluit sal word, eerder as die Suid-Afrikaans-gebore Neil Wagner.