Skip to content

Krieket: Malan sê verdedigende kampioen se eerste doelwit is om die eerste ronde te oorleef

# Krieket: Die toporde-kolwer van Sunrisers Eastern Cape, Dawid Malan, sê hulle eerste doelwit vir vanjaar se SA20 is om die rondomtalie-fase te oorleef. Die verdedigende kampioen skop die seisoen môre tuis in Gqeberha af teen Joburg Super Kings. St Georgepark sal na verwagting stampvol wees en Malan sê hy sien regtig daarna uit om voor die stadion se beroemde orkes te speel. Die Engelse speler glo ʼn paar vroeë oorwinnings sal hulle momentum gee vir die res van die kompetisie.