Skip to content

Krieket: Lions bespreek hul plek in KSA se T20-uitdaging-eindstryd

# Krieket: Die Lions het die Titans volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode met agt paaltjies verslaan om die eindstryd van Krieket Suid-Afrika se T20-uitdaging te haal. Die wedstryd op die Wanderers is tot 18 boulbeurte verminder weens ‘n spreilig-probleem. Nqaba Peter het vier paaltjies laat kantel om die Titans tot 131 vir nege te beperk. Daarna het Rassie van der Dussen ʼn onoorwonne 73 aangeteken om die Lions tot ʼn oorwinning te lei. Die Dolphins en die Warriors pak mekaar vanaand in die ander halfeindstryd in Durban.