Skip to content

Krieket: Krieket Suid-Afrika gedagvaar oor sy hantering van die David Teeger-saak

# Krieket: ‘n Nie-regeringsorganisasie wat menseregte beskerm, Citizens for Integrity, dagvaar Krieket Suid-Afrika oor sy besluit in Januarie om David Teeger van die kapteinskap van Suid-Afrika se Onder 19-span te onthef in aanloop tot die Wêreldbekertoernooi in die ouderdomsgroep. Die Joodse speler het omstredenheid veroorsaak met sy opmerkings oor Israel se konflik in Gaza. Die organisasie sê in hofdokumente KSA het irrasioneel en onregmatig opgetree en sy besluit het Teeger in die verleentheid gestel, verneder en sy regte geskend.