Skip to content

Krieket: Kommer oor Wood se fiksheid voor reeks om die As

# Krieket: Daar is kommer oor die fikheids van die Engelse bouler Mark Wood skaars ‘n week voor die begin van die reeks om die As teen Australië. Hy ondergaan vandag ‘n skandering nadat hy styfheid in sy been ondervind het op die eerste dag van die oefenwedstryd teen die Engelse Leeus in Perth. Dit was sy eerste wedstryd sedert hy in Februarie ‘n kniebesering opgedoen het. Wood het in Augustus verlede jaar laas ‘n toets gespeel toe hy sy elmboog beseer het. Hy is een van vyf snelboulers in die groep vir die reeks.