Skip to content

Krieket: Kolkata Knight Riders en Sunrisers Hyderabad spook sake vandag uit in eerste IPL-kwalifiseerder

# Krieket: Die eerste kwalifiserende wedstryd van die Indiese Premierliga word vandag gespeel. Kolkata Knight Riders en Sunrisers Hyderabad, wat eerste en tweede op die punteleer geëindig het, pak mekaar in Ahmedabad. Die wenner dring deur na Sondag se eindstryd in Chennai. Die verloorder kry nog ‘n kans op die titelwedstryd in Vrydag se tweede kwalifiseerder in Chennai. Daardie span speel teen die wenner van môre se uitklopstryd tussen die derde en vierde spanne, Rajasthan Royals en Royal Challengers Bengaluru, ook in Ahmedabad.