Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Krieket: Kohli onthul die rede vir sy afwesigheid in die toetsreeks teen Engeland

# Krieket: Die rede vir die skitterende Indiese kolwer, Virat Kohli, se afwesigheid van die sport is onthul – die geboorte van sy tweede kind. Die voormalige kaptein en sy vrou, die Bollywood-aktrise, Anushka Sharma, het verlede week hul seun, Akaay, verwelkom. Hulle het reeds ‘n dogter, Vamika. Kohli het ‘n verklaring vrygestel oor die baba se geboorte nadat sy afwesigheid van die huidige reeks van vyf toetse teen Engeland, toegeskryf was aan “persoonlike redes”, tot intense bespiegeling gelei het. Die egpaar vra seënwense, maar ook dat hul privaatheid gerespekteer word.