Skip to content

Krieket: KL Rahul nie beskikbaar vir 3de toets tussen Indië en Engeland nie

# Krieket: Indië se kolwer, KL Rahul, wie se beskikbaarheid vir die orige drie toetse teen Engeland aan fiksheid onderhewig was, sal nie speel in die derde toets wat Donderdag begin nie. Hy het weens ʼn dybesering ook die tweede toets misgeloop, wat Indië gewen het om die reeks met een elk gelykop te maak. Rahul word deur Devdutt Padikka vervang. Indië se krieketbeheerraad sê Rahul is 90-persent wedstrydfiks en sal na verwagting vir die vierde en vyfde toetse gereed wees.