Skip to content

Krieket: Jong SA-gebore kolwer wil nie net bekendstaan as T20-speler nie

# Krieket: Die Suid-Afrikaans-gebore kolwer Bevon Jacobs sê hy wil nie bekend word as ‘n eendimensionele speler nie. Dit volg op sy insluiting in Nieu-Seeland se groep vir die T20-reeks teen Sri Lanka – slegs ‘n maand nadat die Mumbai Indians hom gekoop het vir volgende jaar se Indiese Premierliga in dieselfde formaat. Jacob sê sy deurbraak na slegs 25 senior wedstryde was vinniger as wat hy verwag het, maar hy gaan die geleentheid aangryp. Die 22-jarige is in Pretoria gebore, maar het in Auckland grootgeword.