Krieket: Die bouler Marco Jansen en die nuweling-paaltjiewagter Kyle Verreyne het vanoggend saamgespan om op die eerste dag van die tweede toets op die Wanderers in Johannesburg, die eerste Indiese paaltjie te laat spat. Mayank Agarwal het in daardie stadium goed vertoon en vyf viere gemoker voor hy vir 26 lopies deur Verreyne gevang is. Vroeër het die Indiese kaptein KL Rahul die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hy is kaptein in die plek van die beseerde Virat Kohli. Die telling met middagete was….