Skip to content

Krieket: Jamal se ses paaltjies tevergeefs na aaklige tweede beurt teen Australië

# Krieket: Aamer Jamal van Pakistan het ses paaltjies geneem om sy span ‘n eerstebeurt-voorsprong van 14-lopies oor Australië te gee op die derde dag van derde toets in Sydney. Maar die besoekers het toe ‘n aaklige tweede beurt beleef en voor uitskeityd sewe paaltjies verloor met net 68 op die telbord, vir ‘n voorsprong van 82 lopies. Josh Hazlewood het vier paaltjies ingeoes. Pakistan het in hulle eerste beurt 313 aangeteken voor hulle die gashere uitgeboul het vir 299. Die gashere het reeds die reeks van drie wedstryde gewen deur die eerste twee toetse in te palm.