Skip to content

Krieket: Indië wen kortste toets in die geskiedenis op Nuweland om reeks te deel

# Krieket: Indië was bobaas in die tweede toets teen Suid-Afrika in Kaapstad, die kortste toets in die geskiedenis. Net 642 balle is afgestuur en 23 paaltjies het gister op die eerste dag gekantel. Dit is ook Indië se heel eerste toetsoorwinning op Nuweland. Die Proteas het hulle tweede beurt op 62 vir drie hervat en dit was net aanvangskolwer, Aiden Markram, met ʼn uitstekende 106 wat Suid-Afrika laat voortkolf het. Die gashere is almal vir 176 uitgeboul en Indië het die teiken van 79 binne 12 beurte vir die verlies van drie paaltjies bereik om die reeks te deel.