Krieket: Die gashere Indië het Nederland met 160 lopies in Bengaluru verslaan en die groepfase van die Wêreldbeker onoorwonne afgesluit. Shreyas Lyer het ‘n onoorwonne 128 aangeteken en KL Rahul het 102 lopies opgestapel met Indië wat 410 vir vier op die telbord gehad het – hulle tweede hoogste Wêreldbeker-totaal. Die Nederlanders is in antwoord hierop vir 250 in 47,5 boulbeurte uitgehaal. indië berei hulle nou voor vir hulle halfeindstryd-kragmeting Woensdag teen Nieu-Zeeland in Moembaai. Donderdag kom Suid-Afrika teen Australië in die ander halfeindstryd te staan.
Krieket: Indië verslaan Nederland en eindig onoorwonne in die groepfase