# Krieket: Rohit Sharma se loopbaan as voltydse kaptein van die eendag internasionale wedstryde vir Indië begin met vandag met die kragmeting teen Wes-Indië, wat die land se duisendste een-dag wedstryd is. Indië is die eerste span wat hierdie mylpaal bereik. Die kragmeting is in die wêreld se grootste krieketstadion in Ahmedabad, maar dit word weens die koronavirus-pandemie sonder ‘n skare gespeel. Dis die eerste van ‘n reeks van drie wedstryde. Indië het onlangs die toetsreeks met 2-1 teen die Proteas verloor en is in die eendag-wedstryde met 3-0 platgevee.