Skip to content

Krieket: Indië klop Protea-vroue in 3de T20 en reeks eindig gelykop

# Krieket: Indië het Suid-Afrika in die derde en laaste T20-wedstryd in Chennai gemaklik met 10 paaltjies gewen om die reeks op een elk te laat eindig. Die Indiese naatbouler, Pooja Vastrakar, het vier paaltjies platgetrek en die Proteas was op 84 almal uit. In reaksie daarop het Smriti Mandhana ‘n onoorwonne 54 aangeteken en Indië het die teiken in 10 boulbeurte en vyf balle bereik. Dit is beter as hulle vorige beste oorwinning oor Suid-Afrika in 2021. Die Proteas fokus nou op die T20-wêreldbeker wat in Oktober in Bangladesj plaasvind.