Skip to content

Krieket: Indië hoop om uiteindelik ‘n toetsreeks in Suid-Afrika te wen

# Krieket: Indië gaan weer probeer om sy rekord in Suid-Afrika te verbeter wanneer hulle van vandag af op SuperSport-park die eerste van twee toetse speel. Suid-Afrika is die enigste gereëlde toetskrieket-land waar Indië nog nie ‘n reeks kon wen nie. Dié wedstryde is Suid-Afrika se eerstes in die 2023-2025 Wêreldkampioenskapsiklus. Dit is Indië se tweede reeks in die kampioenskap nadat hulle in Julie een kragmeting gewen en een gelykop teen Wes-Indië gespeel het. Die Welwillendheidsdag-toets in Centurion begin vanoggend en die tweede toets op 3 Januarie in Kaapstad.