# Krieket: Die voormalige Protea-kaptein Graeme Smith sal weer aansoek moet doen vir sy pos as Suid-Afrika se direkteur van krieket wanneer sy kontrak einde Maart verstryk. Die voorsitter van Krieket Suid-Afrika se onafhanklike direksie, Lawson Naidoo, het dit gister bevestig. Smith is in Desember 2019 tydelik aangestel en in April 2020 permanent aangestel op ‘n twee-jaar-kontrak, met die keuse om dit vir nog ‘n jaar te hernu. Die Proteas se hoofafrigter, en ‘n voormalige spanmaat van Smith, Mark Boucher, is ook onder skoot vir beweerde rassistiese gedrag tydens sy loopbaan.