# Krieket: Die speler van die wedstryd in die vorgie seisoen se eindstryd, Faf du Plessis, gaan na verwagting gesog wees by die spanne van die Indiese Premerliga tydens vandag se spelers-veiling. Die voormalige kaptein van die Proteas het ‘n paar hoogs-suksesvolle seisoene by die Chennai Super Kings agter die rug. Die speler wat die bynaam Baba AB gekry het, Dewald Brevis, het ook die aandag getrek met sy kolfstyl wat ‘n ewebeeld is van dié van die ikoon AB de Villiers. Twee nuwe spanne, Lucknow Super Giants en Gujurat Titans, is vanjaar deel van die IPL.