# Krieket: England het goed teruggeveg op die eerste dag van die vierde toets in die reeks om die As teen Australië in Sydney, wat grotendeels deur reën ontwrig is. Die tuisspan was aanvanklik in ‘n sterk posisie op 111 vir een voordat Engeland se James Anderson en Mark Wood, toegeslaan het binne die bestek van sewe balle. Teen uitskeityd was Australië 126 vir drie met Steve Smith wat môre op ses en Usman Khawaja met 4 lopies sal voortkolf. Dit is Khawaja se eerste toets sedert 2019. Australië het die reeks reeds beklink.