# Krieket: Die voormalige Engelse kaptein Nasser Hussain sê alhoewel die huidige span foute begaan het in die reeks om die As, is dit moeilik genoeg om Australië te wen selfs as alles volgens plan verloop. Hy het gereageer op die Engelse span se ellende Doer Onder waar die Aussies reeds die reeks beklink het met oortuigende oorwinnings in die eerste drie toetse. Hussain skryf in ‘n rubriek vir Sky Sports sy landgenote moet hulle ingesteldheid verander voor die voorlaaste toets môre op die SCG in Sydney begin.