Skip to content

Krieket: Elgar wil sy toetsloopbaan afsluit met ‘n reeksoorwinning oor Indië

# Krieket: Die Proteas se waarnemende kaptein, Dean Elgar, hoop om sy toetsloopbaan op ‘n hoogtepunt af te sluit deur ‘n reeksoorwinning oor Indië te verseker. Die tweede en laaste toets begin môre op Nuweland in Kaapstad nadat Suid-Afrika die eerste toets in Centurion binne drie dae met ‘n beurt en 32 lopies beklink het. Elgar het die kapteinskap oorgeneem nadat Temba Bavuma beseer is. Die 36-jarige Elgar, wat sy toets-uittrede voor die eerste toets aangekondig het, het ‘n briljante 185 aangeteken in die Proteas se enigste beurt op SuperSportpark.