# Krieket: Die nuweling Corbin Bosch, wat op nommer nege gekolf het, het ‘n aanvallende en onoorwonne 81 gemoker en Suid-Afrika ‘n eerstebeurtvoorsprong van 90 lopies gegee op die tweede dag van die eerste toets teen Pakistan op SuperSportpark in Centurion. Suid-Afrika is uiteindelik uitgeboul vir 301 na Pakistan se 211. Bosch het die eerste Suid-Afrikaanse toetsspeler geword wat met sy debuut ‘n vyftigtal aangeteken en vier paaltjies ingeoes het. Hy het 15 grenshoue geslaan in ‘n beurt waarin hy 93 balle trotseer het, na sy eerstebeurt-boulsyfers van vier vir 63.
Krieket: Bosch gee SA voorsprong van 90-lopies in eerste toets